Skoolmeisie aangerand: Departement belowe om streng op te tree

Meisie gewelddadig aangeval op skoolterreinFoto:

Die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement het beloof om streng op te tree nadat ‘n skoolmeisie aangerand is by die Hoërskool Siyathuthuka op Inanda.

‘n Video van die voorval het groot verontwaardiging op sosiale media veroorsaak.

Dit wys hoe ‘n jong man, ‘n gewese leerling van die skool, die meisie skop en slaan.

Die departement beskryf dit as ontstellend en het die slagoffer aangeraai om ‘n saak te maak.

Amptenare besoek die skool vandag.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This