Slenkdalkoors steek sy kop uit in die Vrystaat

Slenkdalkoors steek sy kop uit in die Vrystaat

Slenkdalkoors, ń ernstige siekte onder skape, beeste, bokke en sommige wildsoorte, het in die Vrystaat kop uitgesteek.

Netwerk24 berig die virus kan ook deur mense opgedoen word wat met besmette diere werk of in aanraking kom.

Die jongste geval is in die Jacobsdal-omgewing aangemeld.

In 2010 het duisende stuks vee in die Vrystaat en Karoo weens die siekte gevrek.

Boere moet seker maak hul hoefdiere is ingeënt en ook die nodige voorsorg tref wanneer met siek diere gewerk word.

Die virus veroorsaak vrektes onder lammers en kalwers en kan daartoe lei dat dragtige ooie en koeie aborteer.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé