Slotbetoë in Van Breda-moordsaak sal voortgaan

Henri Van Breda se appèl is toegestaanFoto: TimesLIVE

Slotbetoë in die moordsaak teen Henri van Breda sal vandag in die
Wes-Kaapse Hooggeregshof voortgaan.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en regsverydeling.

Hy word verdink van die moord op sy ouers en sy broer in Januarie 2015.

Sy suster is in die aanval ernstig beseer.

Van Breda het getuig dat ‘n aanvaller met ‘n byl sy familie vermoor het.

Die staatsadvokaat, Susan Galloway, het die hof gevra om die 23-jarige beskuldigde skuldig te bevind op al die aanklagte teen hom.

Volgens Galloway kan Van Breda se weergawe van gebeure nie redelik waar wees nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This