SOE ontken bewerings van korrupsie

SOE ontken bewerings van korrupsie

Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, het bewerings van korrupsie ontken wat gister in die parlement gemaak is.

Die EFF-leier, Julius Malema, beweer dat die SOE omkoopgeld aanvaar het vanaf mense wat ondersoek word.

Die SOE sê in ʼn verklaring hulle ondersoek alle sake wat aanhangig gemaak word sonder vrees of voordeel.

Die eenheid sê ook dat elke saak onafhanklik en op eie meriete hanteer
word met die integriteit en krag wat dit toekom en dat korrupsie beveg word waar dit kop uitsteek.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.