Sokkerafrigter wat van verkragting beskuldig is, is dood

Sokkerafrigter wat van verkragting beskuldig is, is dood

Die sokkerafrigter, wat daarvan beskuldig is dat hy seuns by ʼn sokker-akademie in Protea Glen, Soweto verkrag het, is in die hospitaal dood.

Die 34-jarige was in die hospitaal onder polisiebewaking sedert Donderdag verlede week, nadat hy gif gedrink het.

Altesaam 29 seuns, wat daarna gestreef het om sokkersterre te word, is by die
akademie gered nadat hulle na bewering vir maande lank deur die afrigter aangerand en verkrag is.

Die afrigter het seuns tussen nege- en 18-jaar oud van oor die hele land gewerf.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This