Solidariteit vra Eskom en die polisie om op te tree teen saboteerders

Uitspraak in Solidariteit se hofsaak teen DKD

Solidariteit het ʼn beroep op Eskom en die polisie gedoen om sterk op te tree teen elemente wat die kragvoorsiener saboteer.

Dit volg nadat werkers by verskeie kragstasies vermoedelik deur hul stakende kollegas geïntimideer is.

Verskeie van Eskom se aanlegte is ook beskadig.

Solidariteit se Dirk Hermann sê ʼn benadering van geen verdraagsaamheid is nodig wanneer misdadige elemente hanteer word.

Eskom sê intussen die risiko vir beurtkrag is vanoggend steeds hoog, nadat fase een gisteraand ingestel moes word.

Eskom sê verbruikers moet steeds hulle beurtkragroosters op Eskom en hul munisipaliteit se tuisblaaie dophou en beplan volgens die aanname dat beurtkrag ingestel gaan word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé