“Spoedvrate, en nie VS-paaie, oorsaak van ongelukke”

235 dood op paaie tydens Paasnaweek

Die Vrystaatse regering sê motoriste wat jaag en onder die invloed van drank bestuur, is ‘n groter oorsaak van noodlottige ongelukke as die toestand van die provinsie se paaie.

Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer, het op ’n mediakonferensie gesê sedert April is 1 622 motoriste weens spoedoortredings aangekeer.

Mashinini sê die Vrystaat het egter steeds die minste padsterftes van alle provinsies.

Hy sê sy departement onderhandel tans met vakbonde oor die moontlikheid van drie skofte per dag om ’n meer doeltreffende verkeersdiensstelsel op paaie in werking te stel.

Netwerk24 berig dat sedert April vanjaar 1 622 motoriste weens spoedoortredings aangekeer is.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This