Stadsbestuurder se ‘bedanking gou afgehandel’

Stadsbestuurder se ‘bedanking gou afgehandel’

Mangaung Metro se stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko, se bedanking sal op 24 Maart in die metroraad bespreek en afgehandel word.

Die speaker van die metroraad, Mxolisi Siyonzana, wil egter nog nie die brief waarop Mazibuko haar skorsing geteken het, beskikbaar stel nie.

Siyonzana sê hy is nog nie gereed daarvoor nie, want die brief is ‘n saak tussen hom en haar.

Adv. Thankiso Mea is vir nog drie maande as die tussentydse stadsbestuurder van die metro aangestel teen ’n salaris van 60% van die stadsbestuurder.

Netwerk24 berig Mea se waarnemende aanstelling is ook na die Vrystaatse regering verwys.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This