Starbucks in Amerika in rasse-onderonsie

Starbucks in Amerika in rasse-onderonsie

Uit die VSA word berig dat die koffiereus, Starbucks se uitvoerende hoofbestuurder, omverskoning gevra het, nadat twee swart mans in hegtenis geneem is in een van sy winkels terwyl hulle vir iemand gewag het.

Kevin Johnson sê hy hoop om die verskoning van aangesig tot aangesig aan te bied en dat die maatskappy alles in hul vermoë sal doen om die situasie reg te stel.

Sky News berig dat die mans deur die polisie in Philadelphia geboei en weggeneem is ten spyte daarvan dat omstanders volgehou het dat die mans niks verkeerd gedoen het nie.

ʼn Video van die voorval is reeds deur miljoene mense op Twitter gesien.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This