Steinhoff se hoof bedank onder ‘n wolk

Steinhoff se hoof bedank onder ‘n wolk

Die uitvoerende hoof van die internasionale meubel- en klere-kleinhandelaar Steinhoff, Marcus Jooste, het bedank te midde van ‘n storm oor ongerymdhede.

Dit volg op ‘n berig in die Duitse saketydskrif Manager Magazin in Augustus dat Duitse vervolgers vermoed dat vals inkomste aangedui is op die groep se balansstate.

Jooste en ander werknemers word ondersoek vir moontlike rekeningkundige bedrog.

Die voorsitter van Steinhoff, die Suid-Afrikaanse miljardêr Christo Wiese, sal die maatskappy tydelik bedryf.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This