Sterk polisieteenwoordigheid by vierde dag van stakings

Sterk polisieteenwoordigheid by vierde dag van stakings

Daar was Vrydagoggend ‘n sterk polisie-teenwoordigheid by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein waar munisipale werkers steeds staak.

Dit is die vierde dag waarin lede van die munisipale werkers, SAMWU, hulle misnoeë wys ten opsigte van beweerde politieke inmenging by die Mangaung Metro-munisipaliteit.

Meer as ‘n duisend stakende werkers het vanoggend buite-bande buite die gebou aan die brand gesteek en die polisie se onluste-eenheid en waterkanonne is ontplooi.

Dit volg op geweld Donderdag waarna die werkers deur die polisie met donshael en traanrook uiteengejaag is.

Die nasionale president van Samwu, Pule Molalenyane, sê die staking gaan vandag voortgesit word en dit sal voortduur totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This