Steve Biko: BLF wil saak open teen beamptes

Die president van Black First Land First, Andile Mngxitama sê hulle gaan ‘n
strafregtelike saak open teen polisiebeamptes van die vorige politieke bedeling wat verantwoordelik is vir die dood van Steve Biko.

Mngxitama het ‘n gedenklesing in Ventersdorp in Noordwes gehou ter herdenking van die Biko se dood 40 jaar gelede.

Die swart bewussynsleier is in 1977 dood.

Mngxitama sê hulle het reeds die voetwerk gedoen en die mense geïdentifiseer wat vir Biko se dood aanspreeklik is.

Hy sê die BLF sal nie toelaat dat mense daarmee wegkom nie en sal seker maak dat geregtigheid seëvier.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This