Studentevakbond vra dat NSFAS onmiddellik ontbind word

Studente ontvang nie toelaes van NSFAS nie

Die Suid-Afrikaanse Studentevakbond, SAUS, het ʼn beroep gedoen dat die raad van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, NSFAS, onmiddellik ontbind moet word.

Studente ondervind probleme met die skema sedert dit ingestel is.

Die minister van Hoër Onderwys, Naledi Pandor, het opdrag gegee dat die NSFAS volgende jaar se aansoeke moet staak terwyl daar probeer word om vanjaar se agterstand in te haal.

Die voorsitter van die SAUS, Vela Zimxolo, sê die stelsel het baie gebreke.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé