“Styging in taxi-tariewe is onafwendbaar ná petrolprysstygings”

Taxi-geweld: Voorsitter doodgeskiet

Die nasionale taxi-alliansie sê ʼn styging in taxi-tariewe is onafwendbaar ná die
jongste petrolprysstygings.

Teen middernag gisteraand het petrol met ʼn rekord 82 sent en diesel met 85 sent per liter gestyg.

Die vereniging se Theo Malele sê die styging van taxi-tariewe kon verhoed gewees het indien die regering die taxi-bedryf gesubsidieer het.

Intussen sê die vakbond Saftu die petrolprysstygings sal onmiddellik ʼn uitwerking hê op werkers wat werk toe moet ry of lampolie vir verhitting gebruik. Saftu se Patrick Craven sê terwyl alles styg, bly baie werkers se salarisse dieselfde.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This