Bloemskou is die enigste skou in die land wat nog ‘n suiwelkompetisie tydens skoutyd aanbied.
Enige persoon of instansie wat suiwelprodukte vervaardig kan inskryf vir die kompetisie.
Groot getalle inskrywings word van sowat 12 fabrieke van oor die land verwag.
Suiwelmaatskappye kan in 16 klasse inskryf wat onder andere insluit; botter, Goudakaas, Cheddarkaas, spesiale- en eksotiese kase, ʼn groot verskeidenheid melkprodukte en bok-en skaapmelk produkte.
Gedurende die 2015 Bloemskou is 153 inskrywings in hierdie afdeling ontvang.
Die sluitingsdatum vir inskrywings in 31 Maart 2016 en die finale beoordeling sal op 14 April 2016
plaasvind.
Vir meer inligting rakende Bloemskou 2016 asook inskrywingsvorms en reëls vir deelname aan die
Suiwelkompetisie, besoek www.bloemskou.co.za of skakel 051 448 9894 gedurende kantoor-ure by .
Besoek gerus die Bloemskou vanaf 27 April tot 7 Mei en sien watter suiwelprodukte het skoonskip gemaak.
Verklaring