Sunday Times: Volblad-advertensie in koerant deur buite-instansie geborg

"Sunday Times het toegegee dat hy sy lesers daarop bedag gemaak het dat ʼn volblad-advertensie in die koerant deur ʼn buite-instansie geborg is"

Die DA sê die Sunday Times het toegegee dat hy sy lesers daarop bedag
gemaak het dat ʼn volblad-advertensie in die koerant op 28 Januarie deur ʼn
buite-instansie geborg is en het die party die reg tot repliek gegee.

Die DA sê die advertensie het ongegronde beweringe oor Dag Zero en die Wes-Kaapse waterkrisis teen die Wes-Kaapse regering, die stad Kaapstad en die DA gemaak.

Hy sê ten spyte van die skerp kritiese inhoud van die stuk, is hy nie die geleentheid gegun om op die beweringe te reageer nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This