Superman-aktrise op ouderdom van 69 oorlede

Superman-aktrise op ouderdom van 69 oorlede

Die Kanadese aktrise, Margot Kidder, is op die ouderdom van 69 oorlede.

Sy was veral bekend vir die rol van die joernalis, Lois Lane, teenoor Christopher Reeve in die 1978-vrystelling van die rolprent “Superman” en sy drie opvolgrolprente.

Die oorsaak van Kidder se dood is nog nie bekend nie.

Reeve is in 2004 dood nadat hy vanaf sy nek verlam is in ʼn perdry-ongeluk in 1995.

Die twee akteurs het ʼn hegte vriendskap gehad tot sy dood.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé