Switserland gaan miljoene dollar aan Nigerië terugbesorg

5 mense ontvoer in Nigerië na aanval op hul voertuig

Switserland gaan sowat 321 miljoen dollar waarop beslag gelê is, aan Nigerië
terugbesorg.

Dit volg nadat ‘n ooreenkoms tussen dié twee lande en die Wêreldbank bereik is.

Die geld is afkomstig van die familie van die Nigeriese diktator, Sani Abach, wat deur Transparency International daarvan beskuldig is dat hy vyf miljard dollar staatsgeld tydens sy heerskappy gesteel het.

Sy seun is in Switserland aangekla van onder meer geldwassery en bedrog en sy bates is bevries.

Volgens die ooreenkoms sal die geld gebruik word vir ‘n projek wat na die
welstand van armes in Nigerië omsien.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This