Taakspan gestig om aanval op SA atleet te ondersoek

Taakspan gestig om aanval op SA atleet te ondersoekFoto: EWN

Die polisie in Noord-Wes het ʼn taakspan saamgestel om ondersoek in te stel
na die aanval op die Suid-Afrikaanse 5000-meter-kampioen, Thabang
Mosiako.

Mosiako en twee vriende, Rantso Mokopane en Sandy Londt is na bewering ʼn week gelede deur ten minste tien mense op Potchefstroom aangeval.

ʼn Saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer is aanhangig gemaak.

Die Universiteit van die Noordwes sê daar word ondersoek ingestel om vas te stel of die aanvallers studente van die universiteit was.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.