Terreuraanval op Istanboel lughawe: Nasionale dag van rou

Terreuraanval op Istanboel lughawe: Nasionale dag van rou

‘n Nasionale dag van rou word vandag in Turkye gehou ná die terreuraanval Dinsdagaand by die lughawe in Istanboel waarin 41 mense dood en 239 beseer is.

Drie vermeende lede van die Islamitiese Staat groep het in ‘n taxi na die lughawe gereis en is blykbaar nie deur die polisie by die eerste beheerpunt deursoek nie.

Die drie bomdraers het hulself tydens die skietery met plofstof in die lug geblaas.

Turkish Airlines het binne 12 uur ná die aanvalle weer met dienste begin, hoewel talle vlugte herskeduleer is.

Hulle het ook terugbetalings aangebied aan passasiers wat binne die volgende vyf dae nie deur die lughawe wil beweeg nie.

Atatürk is die derde besigste lughawe in Europa.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Terreuraanval op Istanboel lughawe: Nasionale dag van rou"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This