Theresa May in die spervuur oor lugaanvalle in Sirië

Theresa May in die spervuur oor lugaanvalle in Sirië

Die Britse eerste minister, Theresa May, sal na verwagting sélf aanvra vir ʼn
parlementêre debat oor die naweek se lugaanvalle op vermeende chemiese
wapenaanlegte in Sirië, om beplande mosies deur die opposisie voor te spring.

Sy het slegs haar kabinet geraadpleeg voordat daar opdrag gegee is vir die aanvalle saam met die VSA en Frankryk, in weerwraak vir die Siriese regime se
vermoedelike chemiese aanval op burgerlikes.

Volgens berigte gaan May vir LP’s inlig dat sy in internasionale belang opgetree het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This