Tien-duisende mense op paaie vir Paasnaweek

Tien-duisende mense op paaie vir Paasnaweek

Die Padverkeer-­bestuurskorporasie sê met tien-­duisende mense op pad, was dit ‘n bemoedigende begin van die Paasnaweek wat noodlottige ongelukke betref.

Woordvoerder Simon Zwane sê in die week voor die naweek is 45 mense vanjaar op die paaie dood teenoor die 121 oor dieselfde tydperk verlede jaar.

Hy sê ondanks die afname in die getal passasiers wat in motorongelukke gesterf het, is die korporasie bekommerd oor die dronk-bestuur­statistieke nadat 688 dronk bestuurders verlede naweek, wat ook ‘n langnaweek was, in Johannesburg alleen in hegtenis geneem is.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "Tien-duisende mense op paaie vir Paasnaweek"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This