TIME se Persoon van die Jaar: Die “silence breakers”

TIME se Persoon van die Jaar: Die "silence breakers"Foto: TIME Magazine

Die tydskrif Time het sy jaarlikse Persoon van die Jaar-toekenning gedoen aan
mense wêreldwyd wat hulle stilswye oor seksuele aanranding en teistering
verbreek het.

Die tydskrif noem dié mense “silence breakers”.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel het in reaksie op die aankondiging diegene wat na vore gekom het geloof vir hulle moed.

Verskeie invloedryke politici, mediamense en mense in die vermaaklikheidwêreld is die afgelope maande van teistering en aanranding
beskuldig.

Verskeie veldtogte in die sosiale media het verder ook bewustheid verhoog van die omvang van die probleem.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This