Tlokwe-tussenverkiesings: OVK doen aansoek oor Verkiesingshof se besluit

Tlokwe-tussenverkiesings: OVK doen aansoek oor Verkiesingshof se besluit

Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Glen Mashinini, het bevestig dat hulle ‘n dringende aansoek in die Grondwethof gaan bring oor die Verkiesingshof se besluit om die Tlokwe-tussenverkiesings in Potchefstroom uit te stel.

Volgens hom lei die Verkiesingshof se beslissing tot onsekerhede op nasionale vlak. Mashinini sê dit is onduidelik of ‘n gebrek aan ‘n adres op die kieserslys ‘n betrokke kieser ongeldig verklaar.

Hy sê egter die OVK sal duidelikheid moet kry oor hoe om 8 miljoen mense wat nie konvensionele adresse het nie, te registreer.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This