“TLU SA is ‘n rassistiese boere-organisasie”: Mantashe moet om verskoning vra

"TLU SA is 'n rassistiese boere-organisasie": Mantashe moet om verskoning vra

Die landbou-unie, TLU SA, het ‘n prokureursbrief aan die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gestuur waarin geëis word dat hy verskoning vra nadat hy onlangs na die unie verwys het as ‘n rassistiese boere-organisasie.

Die president van TLU SA, Louis Meintjes, sê Mantashe moet nou die nagevolge van sy opmerkings in die gesig staar.

Hy sê die ANC en Mantashe in sy persoonlike hoedanigheid, sien nie kans om oor die ekonomie van landbou te praat nie, maar kruip weg agter hulle ideologie wat wêreldwyd reeds misluk het.

Meintjes sê vals rasse-argumente word nou gebruik om ‘n reeds gespanne samelewing verder te laai, en TLU SA weier om goedsmoeds die slagoffer daarvan te word terwyl die ANC oënskynlik die land se grootste rassiste is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This