Die polisie het bevestig dat ‘n vierde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger Maandagmiddag in die Tokai-woud in die Kaapse Skiereiland.
Woordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, sê die man sal vandag saam met die ander drie in die Wynberglanddroshof verskyn.
Hy is glo in besit betrap van gesteelde goedere wat met die saak verband hou.
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé