Tom Moyane wil die hof nader om besluite oor sy dissiplinêre verhoor te toets

Moyane kla oor beledigings en onreg

Die geskorste kommissaris van die SAID, Tom Moyane, dreig dat hy die hof
gaan nader om besluite oor sy dissiplinêre verhoor te toets.

Dit volg nadat advokaat Azar Bham al die besware wat deur Moyane se regspan teen sy dissiplinêre verhoor geopper het, van die hand gewys het.

Dit beteken dat die dissiplinêre ondersoek en die kommissie van ondersoek na die bestuur en administrasie van die SAID nou kan voortgaan.

Moyane se prokureur, Eric Mabuza, sê hulle sal optree sodra president
Cyril Ramaphosa ʼn besluit geneem het oor die beslissing.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé