“Tony Leon was agter heropening van Stompie Seipei se saak”

"Tony Leon was agter heropening van Stompie Seipei se saak"

ʼn Voormalige minister van Veiligheid en Sekuriteit, Sydney Mufamadi, sê
daar wás ʼn ondersoek na Winnie Madikizela-Mandela se beweerde rol in die dood van die kinderaktivis, Stompie Seipei.

In ʼn dokumentêre rolprent met die titel “Winnie” beweer die voormalige hoof van die polisie se moord- en roofafdeling, Henk Heslinga, dat Mufamadi hom opdrag gegee het om die moord op Seipei te herondersoek, sodat die struggle-ikoon aangekla kon word van moord.

Mufamadi ontken dit en sê die destydse leier van die Demokratiese Party, Tony Leon, was agter die heropening van die ondersoek.

Intussen sê Mufamadi dit is kommerwekkend dat die vervaardigers kon dink dat dit genoeg was dat apartheidsoperateurs Madikizela-Mandela se verhaal vertel.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This