Traanrook gebruik teen betogende werkers

Traanrook gebruik teen betogende werkers

Die polisie het vanoggend traanrook gebruik om ‘n groep betogende Nehawu-werkers buite die Universiteit van Pretoria uiteen te jaag.

Die betogers het die polisie daarna met klippe gegooi.

Die werkers eis ‘n 8%-salarisverhoging, ‘n 13de tjek en beter mediese hulp.

Nehawu se streeksvoorsitter, Joseph Makhasa, sê indien daar nie aan hul eise voldoen word nie, gaan die vakbond môre die universiteit se ope dag ontwrig.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This