Tugverhore van SAUK-joernaliste uitgestel

Tugverhore van SAUK-joernaliste uitgestel

Die tugverhore van ses joernaliste van die SAUK, wat vandag sou plaasvind, is uitgestel.

Dit volg nadat twee regspanne van die vakbond Solidariteit die SAUK versoek het dat die twee afsonderlike tugsake uitgestel word.

Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het vroeër gesê indien die SAUK nie aan die versoek voldoen nie, sal Solidariteit met ʼn regsproses teen die openbare uitsaaier begin.

Betogings deur joernaliste is vanoggend by die SAUK in Johannesburg, Seepunt en Kimberley gehou.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Tugverhore van SAUK-joernaliste uitgestel"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This