Twee beamptes by Goodwood-gevangenis in aanval beseer

Twee beamptes by Goodwood-gevangenis in aanval beseer

Twee beamptes by die Goodwood-gevangenis in Kaapstad is ernstig in ‘n aanval beseer.

Een van die gevangenes is ook in die hospitaal opgeneem nadat kookwater oor hom gegooi is.

Die Wes-Kaap streekskommissaris, Delekile Klaas, sê die gevangenis is afgesluit terwyl die polisie en beamptes van Korrektiewe Dienste die selle vir wapens deursoek.

Klaas sê geweld en enige ander vorme van misdaad sal nie geduld word nie.

Die beamptes is aangeval toe hulle kos uitgedeel het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This