Twee lede van die VryheidsFront Plus gisteraand beroof

Twee lede van die VryheidsFront Plus gisteraand beroof

Wouter Wessels, die Vrystaatse VryheidsFront Plus-lid van die parlement, en sy
vrou, Tammy Wessels, LPW in die provinsie, is gisteraand in hulle huis in
Bloemfontein beroof.

Die egpaar is ongedeerd nadat rowers vermoedelik toegang tot hulle huis gekry het nadat hulle kos bestel en dit tuis afgelewer is.

Daar word vermoed dat die egpaar moontlik doelbewus met ‘n middel aan die slaap gemaak is om hulle huis te beroof.

Hulle is van selfone, skootrekenaars en hardeskywe beroof, waarvan sommige items later in ‘n oop-veld in die stad gevind is.

Die party ag die rooftog as polities-verdag, aangesien dit wys op ‘n tendens waar grootliks slegs toerusting wat belangrike dokumente en data op het, gesteel word.

Hierdie voorval volg ‘n week nadat Tammy Wessels ‘n klag by die Openbare Beskermer gelê het oor moontlike tenderbedrog in die provinsie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.