Twee plaasaanvalle in Noord-Vrystaat binne 24 uur

In die tweede plaasaanval in die Noord-Vrystaat binne 24 uur is die 85-jarige
Peter en 79-jarige Unie Brown gisteroggend op hulle plaas buite Odendaalsrus
aangeval.

Netwerk24 berig ses mans, almal gewapen, het ‘n veiligheidshek in die gang oopgebreek om toegang tot die egpaar se slaapkamer te verkry.

Die aanvallers het heeltyd gedreig om hulle te skiet en juweliersware, ’n Krugermunt, rewolwer, windbuks en nog huisraad gebuit.

Hul huiswerkers het later onraad vermoed en alarm gemaak.

Sondag is die Labuschagnes van Bothaville ná kerk op hul plaas oorval.

Gerrie Labuschagne is met ernstige kopbeserings in ’n Klerksdorpse hospitaal.

Sy vrou, Annetjie, het skote op die aanvallers geskiet en een gewond.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This