Twee van die Krugersdorp-moordenaars kry lang tronkstraf

Twee van die Krugersdorp-moordenaars kry lang tronkstraf

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof het twee van die vyf sogenaamde Krugersdorp-moordenaars gevonnis.

Marinda Steyn het elf lewenslange vonnisse en 115 jaar tronkstraf ontvang.

Haar seun Le Roux, wat ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het, het 25 jaar effektiewe tronkstraf ontvang.

Die vyf word aangekla van die moorde op 11 mense tydens ʼn misdaadveldtog vanaf 2012 tot 2016 wat insluit roof, aanrading met verswarende omstandighede, afpersing, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, bedrog en identiteitsdiefstal.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This