Twis kenmerk die proses waarin Ace Magashule as premier van die Vrystaat vervang moet word

Skok oor die uitgawes van die Vrystaatse provinsiale regering

Twis kenmerk die proses waarin Ace Magashule as premier van die Vrystaat
vervang moet word.

Netwerk24 berig diegene wat ‘n afkeur in Magashule het, dreig om die komende provinsiale leierskapskonferensie die komende naweek op Thaba Nchu met regstappe in die wiele te ry, nes verlede jaar in Parys die geval was.

Terselftertyd is daar glo dissiplinêre optrede teen Thabo Manyoni, voormalige
burgemeester van Mangaung, weens ’n betoging verlede week voor Luthuli-huis waar Magashule se bedanking as nuwe sekretaris-generaal van die ANC geëis is.

Daar is tans sprake dat die oudminister van polisie, Fikile Mbalula, weens die erge verdeeldheid in die Vrystaatse ANC as kompromiskandidaat kan dien.

Intussen is Magashule die naweek na bewering op ’n besoek aan ’n registrasiepunt in Botshabelo deur inwoners gedreig dat hy my die vuis geslaan gaan word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This