#UFSShutdown: Wat gebeur het by Kovsiegeweld (Potgooi)

Rosestad 100.6 Nuus #UFSShutdown Potgooi

Die Kovsiekampus word sedert gisteroggend geteister deur betogings en geweld. Dit het begin deur ‘n betoging gister deur uitgekontrakteerde personeel by die UV.

Die sensitiewe situasie het ná die wedstryd tussen die Shimlas en die Madibaz gisteraand plofvaar geraak toe studente en werkers gedurende die eerste helfde van die wedstryd op die veld gestap het.

Ondersteuners en betogers het handgemeen geraak en na geïsoleerde gevalle van nog geweld na dié voorval, is die kampus vir vandag en môre gesluit.

Video’s van die voorval en ander gedurende die dag het sosiale media aan die gons. In buitelandse media word die voorval voorgegee as wit studente wat swart studente aangeval het.

Om die ander van die muntstuk te verduidelik, het Jaco de Wet vroeër gesêls met Marike van As en Chantelle du Preez van Afriforum Jeug en Afriforum Kovsies, om te hoor wat hulle ervaring van die voorval op die Kovsiekampus gisteraand was.

Luister potgooi-onderhoud:

 

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This