Uitdagende tye vir boere én verbruikers lê nog voor

Uitdagende tye vir boere én verbruikers lê nog voor

Terwyl boere reeds erg gebuk gaan onder die knellende droogte lê nog meer uitdagende tye vir boere én verbruikers voor.

Nie net word voorspel dat die boere wat erg weens die droogte gely het, jare sal neem om van die ramp te herstel nie, maar verbruikers voel reeds die drastiese styging in vrugte- en groentepryse aan hul sak.

Die vermoede bestaan dat ‘n sak aartappels vandeesweek nog meer as 100 rand kan kos, nadat dit ‘n week gelede vir sowat R75 per sak van die hand gesit is.

Omri van Zyl, uitvoerende hoof van AgriSA, het aan Netwerk24 gesê dit kan boere tot drie jaar neem om hul boerdery weer op dieselfde vlak as voor die droogte te kry, terwyl heelparty boere met groot oordragskuld gaan sit.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This