Uitsettings by Brandwag-woonstelle vir eers gestop

Mangaung munisipaliteit gaan Huishoudelike Reisopname onderneem

‘n Proses van verifikasie om te bepaal wie presies daar mag bly, het tot gevolg dat die uitsettings by die Brandwag-woonstelle vir eers stopgesit is.

Netwerk24 berig dat die Mangaung-metro nou eers wag met uitsettings tot daar bepaal is of inwoners volgens inkomste-vereistes daar bly.

Die woonstelle is spesifiek vir laer inkomstegroepe en armlastiges.

Verlede week is verskeie gesinne uitgesit omdat hulle glo van die goedkoop verblyf gebruik maak terwyl hul salarisse veel meer is as die minimum vereiste.

Volgens Qhondile Khedama, woordvoerder van die metro, word daar ook gekyk wie betaal huurgeld en wie bly onregmatig sonder om vir munisipale dienste te betaal.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This