Uitspraak in dispuut oor Atul Gupta en Bank van Baroda

Rosestad 100.6 Nuus ATUL SE POSISIE 'TE DANKE AAN ZUMA'

Die Hooggeregshof in Bloemfontein sal vandag uitspraak lewer in die dispuut
oor die bewaringsbevel waarby die omstrede sakeman Atul Gupta en die Bank van Baroda betrokke is.

Gupta se regspan voer aan dat die hof verkeerdelik ‘n bewaringsbevel toegestaan het vir die bevriesing van die bank se bates en die tien miljoen rand in Atul Gupta se persoonlike rekening.

Die beweerde korrupsie van miljoene rand hou verband met die Estina-melkplaasprojek in Vrede wat vir opkomende swart boere bestem was.

Agt mense het reeds rakende Estina in die hof verskyn in verband met beweerde deposito’s uit Estina se rekening na die Bank van Baroda.

Die bank het skynbaar egter nie behoorlike rekords van sy transaksies
gehou nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This