Die Universiteit van Kaapstad sê miljoene rande word jaarliks aan sekuriteit betaal, maar dit is nie genoeg om die veiligheid te verseker van die nagenoeg 35 000 mense wat byna daagliks die kampus besoek nie.
Woordvoerder Gerda Kruger het in reaksie op die verkragting van nog ’n vrouestudent die afgelope week naby die Rhodes-gedenkteken, in ‘n verklaring gesê die universiteit voel verantwoordelik vir die veiligheid van elke student en personeellid, maar kan nie elke mens se beweging monitor nie.
’n Beroep is op studente en personeellede gedoen om nie alleen te loop of te draf nie.