UNISA is besig om verdienstelike studente vir NSFAS te identifiseer

PERSONEEL BY UNISA EIS HOëR SALARISSE

UNISA is besig om verdienstelike studente vir die Studentehulpskema, NSFAS, te identifiseer wat nie aansoek gedoen het nie, sodat hulle name aan die fonds gestuur kan word.

Die Durbanse kampus is verlede week gesluit ná gewelddadige studente-betogings.

Die geweld het uitgebreek nadat ‘n afvaardiging van NSFAS na verwagting met UNISA studente in gesprek sou tree oor befondsing, wat toe nie plaasgevind het nie.

Volgens die president van die Studenteraad, Zandile Sodladla, het hulle ‘n ooreenkoms met NSFAS bereik dat verdienstelike studente toegelaat moet word om te registreer.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé