Die vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, professor Jonathan Jansen, sê indien daar nie dringend iets gedoen word om universiteite finansieel te help nie, gaan die land se voorste universiteite binne ’n paar jaar deur bankrotskap in die gesig gestaar word.
Hy het bekend gemaak dat die universiteit begin het met ‘n veldtog om ’n studentebeursfonds van ‘n honderd-miljoen rand te stig vir beurse vir talentvolle studente wat nie geld het om by die universiteit te studeer nie.
Jansen sê hy nader tans buitelandse en plaaslike sake-ondernemings en private individue en hoop om teen September reeds die meeste van die geld ingesamel te hê.