UP se taalbeleid gaan van voor af oorweeg word

UP se taalbeleid gaan van voor af oorweeg word

Die Universiteit van Pretoria se taalbeleid gaan van voor af oorweeg word as gevolg van die huidige betogings op die kampus.

Dit nadat die rektor, professor Cheryl de la Rey, twee weke gelede gesê het ’n taakspan het aanbeveel dat Engels die primêre voertaal aan die universiteit sal wees en dat Afrikaans en Sepedi as bykomende steun aan studente gebied sal word.

Lid van die taakspan, professor Koos Malan, het vroeër aan Netwerk24 gesê dat die taakspan in der waarheid meertaligheid voorgestel het.

Woordvoerder Anna-Retha Bouwer sê die taalbeleid gaan verdere oorweging geniet, aangesien die proses in die wiele gery is deur die huidige stand van sake.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This