Die Universiteit Stellenbosch gaan ’n taakspan aanstel om beweerde seksuele oortredings en ’n kultuur van verkragting op die kampus die afgelope tyd te ondersoek.
Dit volg nadat ’n vrouestudent glo verlede maand buite die meisieskoshuis, Harmonie, verkrag is.
Die saak word deur die polisie se eenheid vir seksuele oortredings ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Volgens voorlopige ondersoeke blyk dit dat die aanvaller nie ’n student was nie.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.