Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vandag ’n tussentydse interdik toegestaan ingevolge waarvan die Universiteit Stellenbosch beveel word om sy taalbeleid – wat breedweg vir gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels as onderrigtale voorsiening maak – van 29 Maart af te implementeer.
Dit volg nadat AfriForum Jeug ’n hofaansoek gebring het dat die US nie sy taalbeleid en taalplan, én ‘n skriftelike onderneming wat die universiteit in Februarie aan AfriForum Jeug gegee het, uitvoer nie.
AfriForum Jeug se woordvoerder, Hein Gonzales, het die hofbeslissing in ‘n verklaring bestempel as ’n oorwinning vir die Afrikaanssprekende gemeenskap van Suid-Afrika.
Hy sê dit is duidelik dat die rektor, professor Wim de Villiers, en sy bestuurspan nie die belange van die studente en universiteit op die hart dra nie.