UV SAL AANHOU SOEK NA OPLOSSINGS – JANSEN

Rosestad 100.6 Nuus feesmustfall Jonathan Jansen

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Prof Jonathan Jansen sê wat ook al gebeur in terme van die regering se reaksie op eise deur studente op klasgeldverhogings, sal die UV bly poog om aanvaarbare oplossings te vind vir alle betrokke partye in onderhandelings.

Jansen sê in ‘n verklaring enige ooreenkoms wat bereik word, kan en mag nie die universiteit aan akademiese en geldelike risiko blootstel wat betref sy vermoë om openbare hoër onderwys aan die land te lewer nie .

Jansen sê as dit gebeur, verloor almal.

Hy sê gevaarlike en vernederende gedrag, soos die ontwrigting van klasse en verbale belediging van studente en personeel, ondermyn die geldige soeke van studente na verligting wat betref klasgeld.

Jansen sê sulke gedrag is onaanvaarbaar en die universiteit sal stappe doen waar nodig.

Die universiteit het gister die eis deur studente van ‘n nul-persent klasgeldverhogings verwerp.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This