UV steeds besig met erfenis-impakstudie oor pres MT Steyn-standbeeld

UV steeds besig met erfenis-impakstudie oor pres MT Steyn-standbeeld

Die Universiteit van die Vrystaat het ń spieël-struktuur met nege vrae oor die relevansie van president MT Steyn se standbeeld voor die standbeeld aangebring om openbare deelname oor die toekoms daarvan aan te moedig.

Netwerk24 berig dat daar nege vrae is wat op die spieël uitgebeeld word wat alle belanghebbendes by die beeld aanlyn moet beantwoord om die lot daarvan te bepaal.

Volgens Alana Bailey van AfrForum en AfriForum Jeug word studente aangemoedig om hul standpunte oor die beeld te lug, maar moet hul deelname aan die erfenis impak-studie op ingeligte menings gegrond wees.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This