UV-taalbeleid: ANC is huiwerig om steun vir of teen besluit uit te spreek

UV-taalbeleid: ANC is huiwerig om steun vir of teen besluit uit te spreek

Die ANC is huiwerig om sy steun vir of teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) se nuwe taalbeleid met Engels as primêre taal van onderrig en administrasie uit te spreek.

Die woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, Thabo Meeko, het verduidelik hoewel hulle wil verseker dat inheemse tale – wat Afrikaans, Sesotho, Xhosa en Zoeloe insluit – bevorder word, is hulle nie blind vir die werklikheid nie.

Volgens hom moet landsburgers “in die belang van die ontwikkeling en vooruitgang van die land” daartoe in staat wees om met mekaar te kan praat, en Engels is ’n gemeenskaplike taal.

Hy wou egter nie sê die ANC is ten gunste van of stem saam met Kovsies se nuwe taalbeleid nie.

Netwerk24 berig dit volg nadat Rapport berig het die afvaardiging van AfriForum en Solidariteit en leiers van die Vrystaatse ANC wat almal Vrydag in Bloemfontein vergader het, stem saam dat Sotho en Afrikaans nie ondergeskik aan Engels behoort te wees nie.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This