Vakbonde onderneem om ʼn Eskom-staking te probeer vermy

Eskom gaan groot bonusse uitbetaal

Die vakbonde NUM en Numsa sê hulle sal alle wetlike opsies tot hulle
beskikking navolg voordat hulle besluit om by Eskom te begin staak.

Die vakbonde het ingestem om ʼn reeks stappe te doen, insluitend ʼn massaprotes Donderdag om Eskom te dwing om sy 0% salarisverhogings te hersien.

Die vakbonde se eis sluit in ʼn 15% salarisverhoging.

Numsa se Irvin Jim het vandag aan die media gesê Eskom kan bekostig om salarisse aan te pas.

Intussen sê Jim die ondertekening van die kontrakte met onafhanklike kragvoorsieners was ʼn roekelose bestuursbesluit.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.