Valke ondersoek bewerings van kinderarbeid

Stats SA wil glo foto's neem van plase

Die klagtes wat verband hou met ‘n man van Wesselsbron wat van kinderarbeid verdink word, sal deur die Valke ondersoek word.

Die man, wat volgens mediaberigte ‘n boer en arbeidsmakelaar op die dorp is, is eers deur die polisie ondersoek en die dossier is aan die nasionale vervolgingsgesag oorhandig.

Die man het glo 23 kinders van 15 jaar en jonger in sy diens gehad.

Die kinders word tans ‘n in plek van veiligheid gehuisves.

Vrystaat Landbou sal Donderdagmiddag tydens ‘n mediakonferensie reageer op die voorval.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This